19
Jul 12

SPESIALE DANK AAN SKENKERS:

METHODIST KERK VAN SUID AFRIKA:

Yvonne Sinclair van die Methodist kerk het namens die kerk vir Faan 'n rolstoel geskenk. Faan en Hettie is nou betrokke by Beyers Bytjies en staatmakers in die gemeenskap.

 

MANNE VAN DIE WOORD

Andrew en Suzette Meyer wat op 'n maandelikse wyse help met voedsel voorraad.....Baie Dankie!!

 
ATTERBURY TRUST

Atterbury Trust ons is baie dankbaar vir al julle finansiele ondersteuning sowel as julle omgee en al die ander wonderlike dinge wat julle vir ons doen.

 

MVA - STENE

MVA - Stene - Dankie vir julle maandelikse bydra wat help met ons uitgawes, julle is al solank by Beyers Bytjies.

 

BREI GROEP

Mev. Rita Bigalke en haar brei dames, baie dankie vir die lekker warm truitjies wat ons elke jaar kry.

 

HELPENDE HAND

Helpende Hand (Wilgers) Marike Hartedief, ons is dankbaar vir wonderlike mense soos julle wat help waar ons dit die meeste benodig.