19
Jul 12
Enige opvoedkundige speelgoed, bv.:
  • Storieboeke
  • Legkaarte
  • Boublokkies
  • Enige ander speelgoed!
  • Die behoeftes is geïdentifiseer dat die kleuters tuis geen speelgoed het nie. ʼn Speelgoed biblioteek is begin en skenkings van gebruikte speelgoed word gebruik. Die projek word besonder goed deur die ouers ondersteun. Ouers is in beheer van hierdie projek en dit het hul selfbeeld verbeter, meer selfvertroue gegee en hulle is baie trots en getrou.

    19
    Jul 12
  • Bottels
  • Babadoeke
  • Tweedehandse baba kombersies
  • Tweedehandse stootwaentjie
  • Tweedehandse wiegie / kampeerbedjie
  • Bogenoemde skenkings wat die skool ontvang, word op ʼn gekontroleerde basis aan die behoeftige gesinne oorhandig, om sodoende te verseker dat daar in die hele Beyers Bytjie gemeenskap se behoeftes in hierdie verband voorsien word.

    19
    Jul 12
  • Gesigseep
  • Sjampoe
  • Tandepasta
  • Toiletpapier
  • Waspoeier
  • Bogenoemde skenkings wat die skool ontvang, word op ʼn gekontroleerde basis aan die behoeftige gesinne oorhandig, om sodoende te verseker dat daar in die hele Beyers Bytjie gemeenskap se behoeftes in hierdie verband voorsien word.

    19
    Jul 12
    Toebehore :
  • Mat
  • Verwarmer
  • Rak
  • Balk
  • Radio
  • Opvoedkundige Speelgoed :
  • Balle (groot)
  • Hoepels
  • Rollers (waaroor kind kan rol)
  • Klein Trampolien
  • Tonnel
  • Legkaarte
  • Skryfbehoeftes :
  • Inkleurboeke
  • Vetkryt
  • Pritt
  • Potlode
  • Ou rekenaarpapier
  • Waterverf
  • Vingerverf
  • Skertjies
  • Die skool het op die huidige stadium een volledig toegeruste vertrek waar die kleuters arbeidsterapie kan ontvang. ʼn Dringende behoefte bestaan egter om nog ʼn vertrek volledig toe te rus vir die gebruik van die Arbeidsterapeut, Marisia Koch, en die ses Mammas wat sy opgelei het om haar te help met arbeidsterapie, aangesien daar 50 kleuters geïdentifiseer is, wat arbeidsterapie nodig het. Bogenoemde skenkings sal dus vir hierdie doel aangewend word en baie waardeer word.

    19
    Jul 12
  • Legkaarte
  • Storieboeke
  • Die skool het nie genoeg kontantvloei beskikbaar om die nodige opvoedkundige speelgoed aan te skaf nie.

    19
    Jul 12
  • Inkleurboeke
  • Vetkryt
  • Pritt
  • Potlode
  • Ou rekenaarpapier
  • Waterverf
  • Vingerverf
  • Skertjies
  • Die skool het nie genoeg kontantvloei beskikbaar om die nodige skryfbehoeftes aan elke kleuter te voorsien nie.

    19
    Jul 12
    Enige tweedehandse beddegoed, byvoorbeeld:
  • Komberse
  • Duvets
  • Lakens
  • Kussings
  • Gordyne
  • Handdoeke
  • Alhoewel daar ʼn baie groot behoefte aan beddegoed is in die gemeenskap, word dit as ʼn luukse deur hierdie mense beskou.

    19
    Jul 12
    Enige tweedehandse klere en skoene vir:
  • babas,
  • kleuters,
  • tieners,
  • mans
  • dames.
  • Die skool het ʼn klerebank wat voorsien in die minderbevoorregtes in die gemeenskap se behoeftes in hierdie verband.

    Tweedehandse klere wat aan die skool geskenk word, word uitgesorteer en in pakkies verpak vir kleuters met spesifieke behoeftes.

    Ouers kan ook vir ander gesinslede klere kom afhaal, wat dan onder toesig en kontrolering van die ouers wat in beheer is van die klerebank, plaasvind.

    Die ouers wat in beheer is van hierdie projek se selfbeeld en persoonlikheidsontwikkeling is onbeskryflik positief.

    19
    Jul 12

    Indien u enige van die volgende skenkings wil maak, skakel :

    Frances Delport (012) 3866129. Epos: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

    Rëelings kan getref word, dat skenkings by u afgehaal kan word.

    Indien u verkies dat skenkings by u afgehaal word, skakel :

    • Griselda Jooste, Sel: 0824659720. Epos: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. of
    • Janneman Jooste, Sel: 0824659720. Epos: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

    VOEDSEL:

    Hierdie is slegs ʼn voorgestelde lys van basiese behoeftes. Enige voedsel skenking sal baie waardeer word.
    Koffie Pakkies sop Vleis:
    Tee Margarien Sopvleis
    Suiker Konfyt Bredievleis
    Melkpoeier / Langlewe melk Stroop Grondboontjiebotter Potjievleis
    Sout Oats Wors
    Olie Mathabela Maalvleis
    Tamatiesous Groente
    Rys Vrugte
    Mieliemeel Babakos
    Macaroni Spaghetti
    Blikkies kos Soja Mince

    VOORAFBEREIDE GEREGTE:

    Voorafbereide voedselgeregte, byvoorbeeld:
    • Sop
    • Pasta geregte
    • Bredies, ens.
    Afhangend daarvan, of skenking in grootmaat of kleiner maat gedoen is, asook die behoefte van die dag, sal die geregte aan die kleuters bedien word of aan die behoeftige gesinne uitgedeel word.
    19
    Jul 12

    Kontant skenkings kan direk in Beyers Bytjies Pre-primêre skool se bankrekening inbetaal word. Die bankbesonderhede is as volg:

    Beyers Bytjies Kleuterskool

    ABSA

    Hercules

    Tak kode : 334245

    Rekening : 9096715028

    Tipe Rekening : Spaar

     

    Frances Delport (012) 3866129. EPos: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

    Stuur EPos...

    Beyers Bytjies Pre-primêre Skool is ʼn nie-winsgewende privaat skool vir die minderbevoorregte gemeenskappe van Danville en Elandspoort.

    Beyers Bytjies is geheel en al afhanklik van weldoeners se kontant skenkings om die skool se uitgawes wat tans +/- R87 000-00 per maand beloop, te kan betaal. Hierdie uitgawes sluit dinge in soos byvoorbeeld onderwyseresse se salarisse, water-en-ligte rekeninge, aankoop van voedsel en skryfbehoeftes, ens.