19
Jul 12
Enige tweedehandse klere en skoene vir:
  • babas,
  • kleuters,
  • tieners,
  • mans
  • dames.
  • Die skool het ʼn klerebank wat voorsien in die minderbevoorregtes in die gemeenskap se behoeftes in hierdie verband.

    Tweedehandse klere wat aan die skool geskenk word, word uitgesorteer en in pakkies verpak vir kleuters met spesifieke behoeftes.

    Ouers kan ook vir ander gesinslede klere kom afhaal, wat dan onder toesig en kontrolering van die ouers wat in beheer is van die klerebank, plaasvind.

    Die ouers wat in beheer is van hierdie projek se selfbeeld en persoonlikheidsontwikkeling is onbeskryflik positief.