19
Jul 12

SPEELGOED BIBLIOTEEK:

Die behoeftes is geïdentifiseer dat die kleuters tuis geen speelgoed het nie. ʼn Speelgoed biblioteek is begin en skenkings van gebruikte speelgoed word gebruik.

Die Speelgoed biblioteek werk op dieselfde beginsel as ʼn biblioteek waar boeke uitgeneem word. Ouers neem speelgoed by die biblioteek uit en neem dit huis toe vir die kinders om mee te speel. Die speelgoed word na ʼn week weer teruggebring na die biblioteek en ander speelgoed word dan weer uitgeneem.

Die projek word besonder goed deur die ouers ondersteun. Ouers is in beheer van hierdie projek en dit het hulle selfbeeld verbeter, meer selfvertroue gegee en hulle is baie trots en getrou.

image